Rugsakkies vir Klippie-kids

Kerssangdienste se kollekte ten bate van die kosprojek
Argief | Stellenberg-weekliks 2024

 

Deur: Brenda Visser

Ons wil namens Annibrand Junior vir elke lidmaat en in besonder die kategeseouers dankie sê vir die ondersteuning wat ons vir die Klippie-kids-projek ontvang het.  Julle bydraes het dit vir ons moontlik gemaak om aan elke graad R-leerder by die Klipheuwel Primêre Skool ’n splinternuwe skooltassie met skryfbehoeftes te oorhandig.

Op Dinsdag 3 Desember het die leerders met breë glimlagte en trots hul tassies in ontvangs geneem. Elkeen van die tassies is boonop met ’n unieke naametiket gemerk – dis mos belangrik dat jou tassie nie “wegloop” nie!

Die onderwysers by die Klippie Kids-skool doen prysenswaardige werk ten spyte van groot uitdagings wat hulle daaglikse in die gesig staar. Een van die onderwyseresse het gesê:”Julle besef nie wat hierdie tassies beteken nie. Heelwat van die kinders sou volgende jaar sonder ’n skooltassie hulle graad 1-skooljaar moes aanpak.”

Dit is vir ons ‘n voorreg om op so ’n klein, maar betekenisvolle wyse ’n verskil te maak. Ons sien reeds uit daarna om dit weer in 2026 te doen!