Is jy ’n man tussen die ouderdom van 40 en 50 jaar oud, wat moontlik voel dat die tweede helfte van jou lewe ’n nuwe betekenis en doel nodig het? Dan nooi ds. Johan Visser en Conrad Koorts jou om deel te word van hierdie groep wat gebaseer is op die insiggewende boek: Half Time – Moving from success to significance, deur Bob Buford.
Wat is Half Time?
Half Time bied ‘n kragtige raamwerk vir mans om hulle lewensdoelwitte te heroorweeg en ‘n betekenisvolle “tweede helfte” te ontwerp. Buford daag ons uit om na te dink oor hoe ons ons ervarings, talente en hulpbronne kan gebruik om ‘n erfenis te bou wat verder strek as net sukses in die werkplek.
Wat Kan Jy Verwag?
Wanneer en Waar?
Hoe raak ek deel van die groep?
Sluit aan by die WhatsApp-groep deur die onderstaande QR-kode te gebruik, sodat jy saam met ander gelowiges deur die “tweede helfte” kan stap en op hoogte bly van ons byeenkomste. Ons verwelkom enigiemand wat wil deel word van hierdie transformerende roetemerkerreis.
Kom ons gebruik die wysheid van Half Time om saam te groei, te leer en ’n impak wat blywend sal wees, te maak. Ons sien uit daarna om jou te verwelkom!
Vir verdere navrae kontak gerus vir ds. Johan Visser (072 603 3205) of Conrad Koorts (084 850 4115).