Uitreike: Leeu-Gamka en Calitzdorp

Gebed | ’n Woord tot die nuwe Adam
Stellenberg-gemeente reik uit oor grense heen

Doen asseblief voorbidding vir ons drie uitreikspanne wat o.a. Namibië, Leeu-Gamka en Calitzdorp tydens die komende skoolvakansie gaan besoek.

  • Die Namibië-uitreik wat die Degnosbediening gaan besoek: 27 Junie tot 7 Julie.
  • Die Leeu-Gamkaspan: 28 Junie tot 3 Julie.
  • Die Calitzdorpspan: 5 Julie tot 10 Julie.

Skenk asseblief die volgende en gee bydraes by kerkkantoor af:

  • Koekies en beskuit vir die uitreikspanne.
  • 4-in-1-sopmengselpakkies, hawermout.
  • Sagtespeelgoed of teddiebere vir kinders.
  • Verfkwaste of rollers en 20 liter-blikke verf.
  • Sepies en waslappe of enige ander sanitêre ware, vir besoeke aan ouetehuise.
  • Skeermesse, skeerroom en haarsjampoe.
  • Sokker-, netbal-, of rugbyballe en ander sporttoerusting.
  • Warm klere, komberse en skoene (veral skoolskoene).

Maak ’n finansiële bydrae tot die onkoste verbonde aan die uitreike.  Rekeningbesonderhede:  Absa 9287 59 2857, takkode 632005. Gebruik UITREIKE as verwysing.