Die Stellenberg Omgeetrust is in 2008 deur gemeentelede gestig om verdienstelike naastediensprojekte aan te pak en finansiële steun aan projekte te verleen. Fokusareas sluit in:
Die trust is geregistreer as
ʼn Openbare Weldaadsorganisasie (Public Beneficial Orginazation – PBO):
Die trust poog om projekte waar die gemeente betokke is of wat deur die gemeente geïnsieër is, finansieel te ondersteun.
Die afgelope 17 jaar was die trust, alhoewel onafhanklik, maar in sekere sin as ’n verlengstuk van die gemeentelike werk, by verskillende kapitale projekte, asook ondersteunde projekte, betrokke.
1.1 Heaven’s Gate Kinderhuis – Kraaifontein
’n Bydrae van 50% bydrae vir die aankoop van ʼn huis in Kraaifontein wat onder die sorg van Shiloh as ʼn tuiste vir hawelose kinders gebruik word, is gemaak. Heaven’s Gate huisves tans sewe kinders.
1.2 Alta du Toit Nasorgsentrum
Fasiliteit is verskaf vanwaar die sentrum herwinningsprojekte bedryf vir die stimulasie van inwoners, asook as ’n addisionele inkomste vir die sentrum.
1.3 Klipheuwel Voorbereidingskool
Bydraes is gemaak om klaskamergeriewe uit te brei om meer voorskoolse kinders te akkommodeer. Dis ʼn uitsonderlike instelling van uitnemendheid in ʼn baie arm, gebroke gemeenskap.
1.4 Prins Albert Voorbereidingskool
ʼn Projek soortgelyk aan Klipheuwel. Die skool is opgerig en is ten volle funksioneel. Hulle verskaf tans opvoeding aan 130 voorskoolse kinders. Die onderwysers kom almal uit die gemeenskap.
1.5 Ruyterwacht-huise
Huise word benut vir hulpbehoewende bejaardes sonder ʼn tuiste in Ruyterwacht. Met die aankoop van vyf nuwe huise sal ‘n totaal van 53 bejaardes geakkommodeer kan word (teenoor die huidige 10)
+ Drie huise is verdeel in 17 afsonderlike wooneenhede (eenmans-woonstelle): Opgraderingskoste wissel van R10 000 tot R85 000 per eenheid.
+ Die res (vyf huise) se totale opgradering beloop tussen R222 000 – R545 000.
BYDRAES TOT TRUST
In 2025 fokus ons spesifiek om die huise wat in Ruyterwacht aangekoop is, bewoonbaar te maak, asook ondersteuning aan die Prins Albert Voorbereidingskool.
+ Kapitaalprojekte: Algemene herstelwerk, fasieborde/geute vervang, vensters, dakke herstel of vervang, verfwerk, opgradering van ’n gedeelte van huis/woonstel of hele huis/woonstel, ens.
+ Herhalende of lopende operasionele uitgawes: Bv. personeelsalarisse, voedsel, ens.