Dankie Stellenberg – die kamp was onvergeetlik

Stellenberg-weekliks 2025
Welkom aan dr. Kobus de Jager

Stellenberg-gemeente is reeds etlike jare betrokke by die informele nedersetting in Klipheuwel. Ons ondersteun veral die Bybelstudiegroepe vir jong seuns, die Young Davids, en vir dogters, die Young Esters, wat weekliks byeenkom.

Danksy die kollektebydraes wat op Kersdag en tydens die Kerssangdienste ingesamel is, kon 50 van hierdie kinders aan ’n baie besondere kamp op die Apostelbattery-kampterrein deelneem. Van 2 tot 4 Januarie is die groep deur die YWAM-sendingbediening (Youth with a Mission) begelei. Hulle het die groep kampeerders gehelp om hulle identiteit in Christus te ontdek en te versterk. Die kinders is ook daaraan herinner dat hulle na God se beeld geskape is en daarom hulle lewens en gedrag daarvolgens mag rig.

Baie van hierdie kinders worstel juis met identiteit as gevolg van die moeilike maatskaplike omstandighede waarin hulle grootword, asook die afwesigheid van rolmodelle en gesonde gesinstrukture.

Daar was natuurlik ook genoeg tyd vir pret en ontspanning. ’n Bootrit in die Kaapse hawe het groot opwinding besorg en daar was ook geleentheid om heerlik op die nabygeleë strandgebied te baljaar.

Hartlik dankie aan elke lidmaat wat finansieel tot hierdie besondere kamp bygedra het – vir elke kind was dit ’n werklik onvergeetlike ervaring.