
Stellenberg-gemeente het vanaf 1 April 2026 ’n vakature vir ’n ontvangspersoon met goeie kommunikasie- en organisatoriese vaardighede.
Pligte sluit onder andere in:
– Algemene ontvangsfunksies
– Werksure: 08:00 tot 14:00
– Kantoor- en administratiewe ondersteuning
Vereistes:
– Uitstekende kommunikasievaardighede
– Goeie telefoonetiket
– Rekenaarvaardigheid
– Die vermoë om in ’n span saam te werk.
Aansoeke: Stuur ’n volledige CV en aansoek na anneke@stellenberg.co.za.
Sluitingsdatum: Vrydag 13 Februarie 2026
Navrae: Anneke 021 976 4519/anneke@stellenberg.co.za