’n 90‑jarige dame in ’n aftreeoord in die noordelike voorstede benodig die dienste van ’n versorger. Die geskikte kandidaat moet Afrikaanssprekend wees, vroulik en middeljarig. Werksure is weeksdae ongeveer 2 tot 3 ure per dag, hulp sal by uitsondering oor naweke benodig word en dit sal vooraf gereël word.
Take:
• Geselskap en persoonlike versorging
• Bybelstudie asook voorlees uit Afrikaanse boeke en tydskrifte
• Stap in die tuin
• Vergesel na vriendinne in die oord
• By uitsondering vervoer na haarkapster, dokters, ens.
Vereistes:
• Geduldig, saggeaard en deernisvol
• Respek vir ouer persone
• Christelike waardes
Aansoek:
Stuur asseblief ’n kort beskrywing van jouself, agtergrond en werkservaring na
vanzylrita@yahoo.com of WhatsApp 083 375 0460