Kontreikuier 30 Augustus

Klouterkerk | Sondag 4 Augustus om 09:00
Bybelskool | 12 Aug tot 9 Sept 2024

Kontreikuier op Vrydag 30 Augustus om 16:00 saam met Sutherland-gemeente

Te koop:

  • Braaivleis en slaai (R110), boereworsrolle (R30), roosterkoeke – skoon en gevul (R15 en R30),  pannekoek (R9) en poeding (R20).
  • ’n Kontreimark wat ’n groot verskeidenheid tuisgemaakte items, gebak en handwerkitems aanbied.
  • Vars skaapvleis, maar ongelukkig geen bestellings.

Help asb. met die volgende:

  • Helpers wat pannekoek kan rol en behulpsaam kan wees met verkope of ’n kasregister kan beman,  word benodig.  Kontak asb. vir Christine Ferreira 083 440 2086/[email protected] indien jy kan help.
  • Ons het helpers nodig wat poedings sal maak en skenk.  Laat weet asseblief vir Christine Ferreira 083 440 2086/[email protected] indien jy kan help.

Ons reik uit oor grense heen deur egte Kaapse gasvryheid aan die vriendelike mense van Sutherland te betoon.