Klouterkerk | Sondag 4 Augustus om 09:00

Suid-Afrika: Hoe staan sake? 24 Julie 2024
Kontreikuier 30 Augustus

Ds. Philipp Dietmann nooi alle ouers met kinders van drie jaar oud en jonger om op Sondag 4 Augustus vanaf 09:00 tot 09:30 by ons klouterkerkbyeenkoms in die kafeteria aan te sluit.  Dit is ’n informele byeenkoms waar kinders en ouers gemaklik en ontspanne kan saamwees en ons die geleentheid gebruik om met mekaar oor ons geloof te gesels.  Die kaggel sal aangesteek word en na die byeenkoms kuier ons saam oor ’n koppie tee en ligte versnaperinge.  Geen vooraf          besprekings is nodig nie.