Seniorweek | 1 tot 3 September 2024

Omgeetrust-veiling
Gemeentekamp | 6 tot 8 Desember 2024

Sondag 1 September om 09:00 – Jy word uitgenooi na die spesiale oggenddiens vir senior lidmate.  Indien jy ’n hoed het, sit dit op asseblief op.  Na die diens geniet ons tee en verversings saam.

Maandag 2 September om 10:00 – Drumming SA kom ons met ritmiese klanke vermaak en leer ons ook om saam met hulle tromme te speel.

Koste is R160 per persoon.  Bespreek en betaal asseblief by Charlotte, kerkkantoor se ontvangs.

Dinsdag 3 September om 09:00 – Ons gaan die pikkewynkolonie by die bekende Boulders-strand besoek.

Toegangsgeld is R45 en word by die hek betaal.  Trek asb. gemaklike skoene aan. Dis ’n redelike entjie om te stap.  Ons sluit die oggend af met koffie by Sweetest Thing in Simonstad. Elkeen betaal vir hom/haarself.  Bespreek jou plek by Charlotte, 021 976 4519.