Graad 7-roetemerker | 13 Oktober 2024

Gemeentekamp | 6 tot 8 Desember 2024

Die volgende roetemerker word saam met ons graad 7’s gevier en daarom nooi ons graag die graad 7’s en hul ouers na twee geleenthede om hierdie spesiale gebeurtenis op 13 Oktober 2024 te vier:

  1. Na die gesamentlike diens om 09:00, waar die eerste helfte van die roetemerker gevier word en die graad 7’s uitgestuur word na die volgende fase van hul geloofsreis.
  2. Na die aanddiens om 18:00, waar die graad 7’s  verwelkom word en die tweede helfte van die roetemerker gevier word.

Hierdie twee geleenthede vorm ’n eenheid en daarom nooi ons die graad 7’s en hulle ouers om aan beide geleenthede deel te neem.

Almal wat wil deelneem aan die roetemerker op 13 Oktober, moet daarvoor registreer deur HIERDIE VORM  in te vul. Tieners wat nie vir die geleentheid registreer nie, is welkom om die eredienste by te woon, maar hulle sal ongelukkig nie tydens die eredienste aan die formaliteite kan deelneem nie.

Meer besonderhede is in die registrasievorm. Vir enige navrae kontak gerus vir Sunet by die Jeugkantoor ([email protected]) of vir Ds. Marius Schoombie ([email protected])