Ek wil jou graag nooi om vir die volgende paar dae saam te reflekteer oor ‘n gedeelte van die bergpredikasie van Jesus. Matteus 5:9 “Geseend is die vredemakers want hulle sal kinders van God genoem word”.
Met alles wat op die oomblik in ons wêreld aan die gang is, vermoed ek lees baie van ons hierdie woorde met nuwe ywer. Ons is opsoek na vredemakers wat ‘n einde moet bring aan die eindelose geweld. Ons word ook gekonfronteer met ons eie vrae oor hoe ons dalk self ‘n rol het om te speel en hoe dit sal kan lyk. Ek lees onlangs ‘n artikel wat Richard Rohr geskryf het oor wat dit beteken om ‘n vredemaker te wees en die innerlike werke wat in ons moet plaasvind : “The gospel is not about being nice; it’s about being honest and just, and the world doesn’t like those two things very much. Our job is to learn how to be honest, but with love and respect. Dr. Martin Luther King Jr. taught us that before we go out to witness for justice, we have to make sure that we can love and respect those with whom we disagree”.
Ek dink dit is ‘n belangrike siening om ingedagte te hou veral wanneer ons dink oor ons eie geskiedenis in Suid-Afrika. Daar is ‘n klomp stories oor mense wat ’n groot deel van hulle lewe onderdruk was en gemarginaliseer was en tog nogsteeds hullself beywer het om vreedsaam te werk vir geregtigheid. Een van die geloofsdissiplines wat die eerste gelowiges geglo het ons hiermee kan help is kontemplasie. Om op ‘n diep vlak te reflekteer oor waar ons onsself bevind en wie ons is en wat God van ons vra. Dit is geloofsvrae wat ons kan help om na ‘n dieper vlak van ons menswees te beweeg waar ons nie meer die behoefte het om iemand of ‘n groep in die openbaar te wil ontbloot, verneder of oorwin nie. Want as ons eerlik is met onsself is dit ons ego se natuurlik verdedigingsmeganisme om iemand seer te wil maak wat ons seer maak. Maar, het die eerste gelowiges geglo, deur gebed en kontemplasie vind daar ‘n innerlike verandering in ons plaas. Waar ons nie meer ‘n posisie van mag inneem nie, maar eerder ‘n posisie van weerloosheid en solidariteit. Stadig maar seker verander dit die gesprek.
Kontemplasie addresseer ons eie natuurlike individualisme en narsisme en sodra ons bevry word van die gedagtes dat die wêreld rondom my draai en dat my regte swaarder weeg as iemand anders s’n, dan kan ons doen wat Martin Luther gedroom het. Leef met geregtigheid en waarheid – as vredemakers