Basaar 7 Maart 2025 om 16:00

Vakature: Musiekleier
Uitstallers vir die basaar

Ons het hulp nodig om van die geleentheid ’n sukses te maak – help ons asseblief met die volgende:

  • HELPERS by die hamburgers, boereworsrolle, hotdogs, kerrie-en-rys, roosterkoeke, teetuin, poeding, pannekoek, kroeg en braai. Kontak asb. vir Karen Visagie by 082 827 9383 indien jy kan help.
  • KONVENORS – Ons wil graag nuwe konvenors vir 2026 begin oplei. Indien jy op dié wyse betrokke kan raak,  kontak asseblief vir Karen Visagie by 082 827 9383.
  • BESTANDDELE – Skenk asseblief kontant of bestanddele vir die basaar.  Skenkings help ons om die verkooppryse laag te hou.  Skenkings van suiker, boksies fynkaneel,  gekleurde skroefnoedels, blatjang, tamatiesous, kaas, rys en uie
    sal baie waardeer word.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word, of kontantbydraes kan met EFT of SnapScan betaal word.  Gebruik “basaar” as verwysing.
  • POEDING – WhatsApp asb. vir Karen Visagie by 082 827 9383 indien jy bereid is om ’n poeding te maak en dui aan hoeveel en watter soort.
  • GEBAK – Skenkings van enige tuisgebak of gekoopte items soos koek, kolwyntjies, brode, beskuit, lekkers, terte of koekies kan op die oggend van die basaar in die markplein afgegee word.
  • WITOLIFANTTAFEL– Skenk asseblief enige huisraad, gereedskap, dekoritems, fiksheids- en sporttoerusting vir ons witolifanttafel. Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.
  • STALLETJIES – Verkoop jy juwele, speelgoed, of enige handwerk-artikels? Doen dan aansoek vir ’n stalletjie by die basaar.  Slegs nuwe produkte.  Geen kosprodukte nie.   Stuur ’n e-pos aan feesmarkadmin@stellenberg.co.za.