Annibrand Junior-uitstappie

Gemeentekamp

Ons sluit die kwartaal op Sondag 28 September op ’n hoogtepunt af met ’n heerlike familie-uitstappie na Giraffe House Wildlife Awareness Centre in Muldersvlei. Daar sal geen familiediens wees op 28 September nie, aangesien ons mekaar al om 09:30 by die sentrum ontmoet. Daar is om 11:00 en 13:00 Creepy crawly-ervarings waarvoor gesinne kan bespreek.  Pak gerus ’n pieniekmandjie en geniet die dag saam met ons in die natuur.

Indien jy voor die sluitingsdatum (Maandag 22 September) plek bespreek, sal jy afslag op toegangsfooie ontvang aangesien ons dan ’n groepbespreking kan maak.  Diegene wat nie plek bespreek nie, kan steeds die uitstappie meemaak, maar sal ongelukkig die afslag verbeur.  Bespreek plekke aanlyn deur op die SKAKEL te klik.