Van Jerusalem tot Nicea – die merkwaardige storie van die vroeë kerk
Wat beteken dit wanneer ons saam bely: “Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk”?
Wat was die Here se bedoeling met die kerk — en met ons deelwees daarvan saam met ’n diverse groep mense?
In hierdie vyfweke Bybelskoolkursus ontdek ons die merkwaardige verhaal van die eerste 300 jaar van die kerk. Ons reis begin by die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag in Jerusalem, en eindig by die geloofsbelydenis wat in 325 n.C. in Nicea geformuleer is.
Hierdie kursus sluit aan by ons laaste gemeentewaarde vir die jaar: Om voortdurend te vernuwe. Die geskiedenis van die kerk is die verhaal van hoe die Heilige Gees gelowiges, te midde van groot uitdagings en nuwe geleenthede, voortdurend van binne verander het om lewens van betekenis te leef.
📖 Aanbieder: Ds. Marius Breytenbach
📅 Datums: 4, 11, 18, 25 November & 2 Desember 2025
🕢 Tyd: 18:30–20:00
📍 Plek: Stellenberg kerkgebou
💰 Koste: R30 donasie (handleiding)
📞 Inskrywings: Charlotte – ontvangs@stellenberg.co.za | 021 976 4519