Stellenberg-gemeente het ’n vakature vir pastorale bediening by Edelweiss ACVV-dienssentrum. Die geskikte kandidaat moet ’n goeie slag met senior persone hê, oor ’n teologiese kwalifikasie beskik en sal ook op die kerkraad dien. Pligte behels die volgende: Aanbied van eredienste en nagmaal vir die inwoners van Edelweiss, siekebesoeke, pastorale sorg, die lei van begrafnisse en skakeling met die personeel van Edelweiss.
Klik HIER om die volledige posomskrywing te sien
Stuur asseblief jou CV en aansoekbrief aan Charlotte by ontvangs@stellenberg.co.za voor 7 November 2025. Navrae: ds. René Potgieter by 079 893 8104.