

Stellenberg-gemeente het ’n vakature vir ’n oudiovisuele koördineerder wat verantwoordelik vir alle klank- en visuele aspekte van ons eredienste, gemeentelike geleenthede en gemeenskapsbyeenkomste sal wees. Die suksesvolle kandidaat sal ’n sleutelrol speel in die tegniese uitvoering van oudiovisuele ondersteuning waar ook al benodig. Bewese ervaring in oudiovisuele bestuur of ’n verwante veld, is ’n vereiste.
Die volledige posbeskrywing kan HIER afgelaai word, of kontak ds. Johan Visser by 072 303 3205 met navrae.