Mylpaalontwikkeling by babas en kleuters: 30 Julie 18:00

Vakansieprogram: 6 tot 9 Julie

Sluit by ons aan vir ’n insiggewende werkswinkel waar ons motoriese, persepsuele, en kognitiewe mylpale van babas en kleuters ondersoek. Kom ontdek saam met ons hoe spraak-, taal, gehoor, skermtyd en daaglikse interaksies ‘n blywende invloed op jou kind se toekoms het.

Hierdie gesamentlike aanbieding deur ’n spraakterapeut, Lindie de Koning en arbeidsterapeut, Zoné Janse van Rensburg bied bewysgebaseerde inligting waar algemene wanopvattings en feite rondom vroeë ontwikkeling aangespreek word.

Interessante onderwerpe sluit in:

– Motoriese, persepsuele, en kognitiewe mylpale.

– Algemene mites en feite oor spraak- en taalontwikkeling.

– Sensoriese ontwikkeling in jong kinders met praktiese wenke.

– Begrip vir tasdefensiwiteit en ‘picky eating’.

– Wanneer om bekommerd te raak oor uitgestelde/stadige ontwikkeling.

– Wat is die invloed van skermtyd op kommunikasie ontwikkeling?

– Ons het twee tale in ons huis, hoe nou?

– Wat is die impak van langdurige bottel- en fopspeengebruik?

– Die dikwels ongesiene gevolge van herhalende middeloorinfeksies op gehoor, spraak, taal en leer.

– Idees & wenke vir tuisaktiwiteite om ontwikkeling te stimuleer.

Ons leer deur speel. Kom ons raak meesters daarin om geleenthede te skep waar ons kinders speel, groei en ontwikkel.

DATUM: Donderdag 30 Julie 2026

TYD: 18:00 – 19:30

PLEK:  Binneplein

TOEGANG: Gratis

BESPREEK: Stuur ’n e-pos na ontvangs@stellenberg.co.za of stuur ’n WhatsApp na 081 045 2428.