Omgeetrust wynveiling

IMAX rolprent | Uitnodiging vir jong volwassenes

Die Stellenberg Omgeetrust bied op Woensdag 9 September hul jaarlikse wynveiling aan.  Die gesellige aand gepaardgaande met ’n wynproe en heerlike kos is altyd ’n hoogtepunt op die kalender.  Teken die datum solank aan.  Ons sal binnekort aandui watter kelder die wynproe aanbied.  Rig navrae aan Karen Visagie by feesmark@stellenberg.co.za.   Die omgeetrust ondersteun verskeie projekte waar hulle ’n verskil in minderbevoorregte mense se lewens maak soos behuisingsprojekte vir senior burgers in Ruyterwacht, vroeë kinderontwikkelingsprojekte, kinderhuise en voedingskemas.