Suid-Afrika: Hoe staan sake? 24 Julie 2024

Graad 4 tot 5-kamp | Ligreisigers – 2 tot 3 Aug 2024
Bybelskool | 12 Aug tot 9 Sept 2024

Suid-Afrika: Hoe staan sake nou?

’n Gesprek saam met dr. Hanekom en prof. Schwella

 

Woensdag 24 Julie om 18:30 in die kerk

Dr. Braam Hanekom, direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis en prof. Erwin Schwella, politieke kommentator gaan ’n gesprek lei oor hoe Suid-Afrika se toekoms na die verkiesing lyk.  Die 2024-verkiesing het vir verbasing en opgewondenheid asook ’n tikkie onsekerheid oor die toekoms van die land gesorg.  Kom luister na hulle perspektiewe oor waar ons tans staan asook moontlike scenarios vir die toekoms.  Dit sluit ook in wat die rol van die kerk en gelowiges in hierdie oorgangstyd moet wees.  Registreer asseblief by [email protected]/skakel 021 957 7202, of [email protected]/021 976 4519 om aan te dui dat jy die bespreking gaan bywoon.  Toegang is gratis.