Bybelskool | 12 Aug tot 9 Sept 2024

Suid-Afrika: Hoe staan sake? 24 Julie 2024

Na afloop van die Paas- en Pinksterfeeste vier ons Koninkrykstyd waartydens ons fokus skuif na die maniere waarop God in ons hede heers en regeer.  In die baie bekende Onse Vader gebed leer Jesus ons bid: “Laat U Koninkryk kom, laat U wil op aarde geskied net soos in die hemel”.  Dit is nie net ’n gebed waarin ons ons vertroue vir die hede en toekoms in die hande van God plaas nie, maar ‘n gebed wat ons prakties tot gehoorsaamheid wil lei. In die volgende Bybelskoolkursus gaan ons hierdie gedagte verder verken. Wat sou dit beteken om  in ons hede onsself vir die Koninkryk van God te beywer soos wat Jesus ons in Matteus 6:33 versoek het?

Datums: Maandag 12, 19 en 26 Augustus asook 2 en 9 September.

Inskrywings: Skakel Charlotte by 021 976 4519 of stuur ’n e-pos na  [email protected].za om plek te bespreek.

Tyd en plek: 19:00 tot 20:30 in die kerkgebou.

Koste: R40 donasie vir ‘n gedrukte handleiding.

Aanbieder: Ds. Marius Breytenbach.