https://youtu.be/V8Hh3sOK9uA
Mag hierdie laaste paar dae van 2025 jou herinner dat, net soos God jou gedra het in die jaar wat verby is, net so sal God ook met jou wees in die nuwe jaar wat voorlê. Mag dit vir jou ’n troos wees wanneer jy instap in die onbekende. Mag jy weet dat jy veilig in God se hande is, en daarom kan jy maar meer liefhê, meer kanse waag, meer genade uitdeel en meer kere vergewe.
Ek lees graag een van die eerste seëngebede van die vroeë kerk:
Die Here is voor jou om die pad gelyk te maak.
Die Here is langs jou om jou hand vas te hou.
Die Here is agter jou om die Bose te verslaan.
Die Here is onder jou om jou te dra wanneer jy swak is en jou op te help wanneer jy val.
Die Here is rondom jou om jou te beskerm.
Die Here is bo jou om jou te seën.
Die Here is binne-in jou, want Hy lei jou deur sy Heilige Gees.
Die Here is vir jou, want Jesus pleit vir jou.
Die Drie-enige God is by jou, van nou af tot in ewigheid.