Dagstuk | Dinsdag 18 Maart 2025

Dagstuk | Maandag 17 Maart 2025
Dagstuk | Woensdag 19 Maart 2025

Versoekings

Teks. Lukas 4:1-4 – “Daarna is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om deur die duiwel versoek te word. En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy uiteindelik honger geword.”

Hoe kan God in sy almag deur die duiwel versoek word? Dit is belangrik om ’n paar tree terug te gee en weer na te dink oor Jesus se menswees en die wyse waarop God deur Jesus deel geraak het van ons eie menslike realiteit van lyding, honger,dors, versoekings en sterflikheid. Seker die belangrikste wat ons hieruit kan haal is dat ons gebroke menswees nie vir God ‘n verleentheid is nie, maar dat God in sy groot omgee letterlike soos ons kom word, sodat ons deur hierdie verlore ervaringe weer ons pad na God kan vind.

Johannes 15:15 praat van God as vriend. Die lied is gegrond op is die bekende Halleluja, Wat  ‘n vriend het ons in Jesus waarvan die tweede strofe die volgende sê:

As versoeking en beproewing, of as kwelling ons bedreig, laat ons nooit mismoedig word nie, laat ons bedes opwaarts styg. Nêrens is ‘n vriend getrouer, as Hy wat ons node weet; Jesus voel met  al ons swakheid en wil deel in al ons leed.

By watter versoekings en bekommernis bring hierdie lydenstyd jou uit en hoe gaan ons dit hanteer? Lydenstyd bring ons in hierdie ses weke uit  by drie eenvoudige dissiplines. Om te vas, om te bid en vrygewig te wees. Ons oorwin nie versoekings en kommer deur dit te ignoreer nie, maar dit te bely. En daarna God se Gees toe te laat om ons gedrag te verander om dit te oorwin. Maar dan moet ons bereid wees om ons eie versoekings en kommer in hierdie tyd in gebede om te sit wat opwaarts styg.

Gebed

Here, U is my rots en my skuilplek. In ‘n wêreld vol versoekings kom ek na U vir krag en leiding. U ken my hart, U weet van my stryd. Soms voel ek swak, soms wankel ek, maar U is my toevlug.  Here, lei my voete op die regte pad. Help my om nee te sê vir die dinge wat my van U af wegtrek. Gee my wysheid om versoekings te herken en moed om hulle te weerstaan. Vul my met U Gees, sodat ek gefokus bly op U waarheid en liefde.  U Woord sê dat U nooit ‘n versoeking oor my pad sal bring wat ek nie met U hulp kan oorwin nie. Help my om op U beloftes te vertrou en my gedagtes gevange te neem in gehoorsaamheid aan Christus.  Dankie, Here, dat ek nie alleen is in hierdie stryd nie. U stap saam met my, U hou my vas, en U gee my die oorwinning. Ek prys U vir U genade en U getrouheid.  Amen.