33O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God!
Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!
34“Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad?
35Wie bewys Hom ‘n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen?”
36Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen.
Vandag staan ons stil by Romeine 11:34: Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad? Romeine 11:34-35 bevat drie retoriese vrae: “Wie ken die bedoeling van die Here?” (Rom11:34). En die antwoord is die voor-die-hand-liggende een: Niemand nie! In Jes 55:9 lees ons die woorde van die Here: “soos die hemel hoër is as die aarde, so is My optrede verhewe bo julle optrede en My gedagtes bo julle gedagtes.“ Die tweede retoriese vraag is: “Wie gee vir die Here raad?” Die antwoord is eenvoudig: niemand nie! Ek en jy het raadgewers nodig, God nie. Tog dink ons soms dat ons beter weet as die Here of ons wens dat Hy ons advies sou volg in ‘n bepaalde situasie.
Ons weet nie beter as God nie. Ons vra die vrae, Hy is die antwoord. Daarom moet ons nie vir Hom probeer voorskryf, of sy alwyse bevraagteken nie. Hoe gouer ons aanvaar dat Hy volkome wysheid en kennis het, hoe vinniger kan ons vrede vind in Sy wil.
God kort niemand se raad nie. Selfs Job en Jesaja erken dit. Die Here het Niemand se advies nodig nie. Hy het niemand se raad gevra toe Hy moes skep, of hoe Hy die skepping moet onderhou nie. Hy het ook nie iemand se raad gevra oor hoe Hy sondaars moes red nie. Die evangelie kom uit die Vader, die Seun en die Heilige Gees se gedagte alleen.
God se kennis is belangrik en God se optrede is belangrik. En hulle is albei onverstaanbaar. Ons lees in Psalm 145. Dit is nie net wat Hy weet of wat Hy doen nie, dit is wie Hy is wat onverstaanbaar is. Dink aan wat Paulus in Romeine 11:33 gesê het. Dit sê: ” Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!.” In Jesaja staan daar: “Sy weë is nie ons weë nie. Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.”
“Die Here is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.” (Psalm 145:1-3). Sy grootheid is verby ons vermoë om uit te vind. Daar is geen beperking nie. Dit is onmoontlik om te verstaan. Wanneer jy my vra: “Wat is die betekenis van die grootheid van ons God?” Ek sê: “Dit is Onverstaanbaar.” Mag jy vandag nie God probeer verstaan of uitredeneer nie, maar eerder net aanbid.
“O God wat met sonnestelsels en sterre onderhou,
in wie se oë duisend jaar soos een aand omvlieg –
vul tog my onrustige hart met U vrede …” AMEN