Dagstuk | Dinsdag 3 Junie 2025

Dagstuk | Maandag 2 Junie 2025
Dagstuk | Woensdag 4 Junie 2025

 

Eksodus 31:2-3

“ Kyk, Ek het Besaleël, seun van Uri, seun van Gur, van die stam van Juda, by die naam geroep. Ek het hom met die Gees van God vervul – met wysheid, insig en kennis, en met al die nodige vakmanskap,

Refleksie

Besaleël was die eerste persoon in die Bybel wat uitdruklik met die Gees van God vervul is—nie as profeet nie, maar om die tabernakel te bou. God het hom toegerus met vaardigheid, praktiese wysheid en die vermoë om ander te lei. Ons dink dikwels dat die Gees net sigbaar word in die bo-natuurlike, maar hier sien ons dat die Here vir Besaleël toerus om sy gewone werk goed te doen, tot eer van God.

Het jy al ooit daaraan gedink dat die Gees van God jou wil toerus om jou daaglikse werk te doen? Dat God se Gees ons nie toerus om noodwendig bo-natuurlike werke te doen nie, maar juis om ons gewone lewe tot eer van God, te leef.

Hoe sal dit prakties lyk as jy die Here sou vra om jou toe te rus met sy Gees om dit wat jy elke dag doen, tot sy eer te doen?

Gebed

Here, ons soek U so dikwels net in die dinge wat ons nie kan verduidelik nie – in die bo-natuurlike. Maar U is op ’n besonderse manier teenwoordig in die alledaagse. Rus ons toe deur U Gees om alles wat ons doen, tot eer van U naam te doen.

Amen.