Dagstuk | Dinsdag 9 April 2024

Dagstuk | Woensdag 10 April 2024
Dagstuk | Maandag 8 April 2024

Vandag is Dinsdag, 9 April en hierdie week reis ons saam deur die laaste deel van ons gemeente se geloofsbelydenis: Om voordurend te vernuwe.

Ons het gister gehoor dat ons met Christus se kruisging, dood en opstanding nuut gemaak is en dat ons identiteit in Jesus Christus lê.

Om voordurend te vernuwe is dit nodig dat ons na die wêreld kyk deur God se liefdevolle bril. Dit is nodig dat ons God se bril konstant dra.

Ons wonder sekerlik hoe kan ons deur God se bril na die aarde kyk?

Romeine 12:2 sê die volgende: “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

Romeine sê dat ons ons denke gerig moet hê op die Here sodat Hy ons kan verander en vir ons kan help om Sy wil op aarde te volg. Een manier om dit te doen is deur tyd in die teenwoordigheid van die Here te spandeer.

Ek wil ons vandag uitdaag om waar ons ook al gaan deur God se bril na die wêreld te kyk en na te dink oor wat Jesus sou doen?

Kom ons Bid saam:

Here dankie vir U. Dankie dat ons nog ’n dag vir U kan lewe. Dankie dat U vir ons aan die kruis gesterf het sodat ons ook nou rondom U tafel kan sit en mense na U tafel toe kan nooi. Dankie Here dat ons skoon gewas is van al ons sondes en skuld en help my om die week na die wêreld te kyk deur U bril

Amen