Ons teksvers vir die afgelope paar dae was Matteus 5:9 “Geseend is die vredemakers want hulle sal kinders van God genoem word”
Ons het saam gedink oor wat dit beteken as God ons roep om ’n vredemaker te wees en wat dit moontlik van my sal vra. Ons het ook saamgedink oor die mag wat daar lê om teen geweld te kies en eerder ’n ander alternatief te oorweeg. Een waar geweld nie die antwoord is nie. Die Fransiskaanse skrywers Rosemary Lynch en Alain Richard het onlangs ’n paar riglyne vir spiritualiteit van nie-geweld neergeskryf wat ek graag vir ons wil saamlees as ’n meditasie. Miskien is daar een van hierdie riglyne wat jy graag in jou lewe wil inbou:
‘n Nie-geweldadige lewe vra van ons om:
Die heligheid van alle mense te sien en te respekteer. Ook die heiligheid in onsself en alles in die skepping.
Om onsself op ‘n dieper vlak te aanvaar vir wie ons is. Die diepte en rykheid van ons menswees maar ook ons eie beperkinge en swakhede. En om dan te ontdek dat ons deur God aanvaar word
Om te ontdek dat dit wat ek in mense verag, dalk spruit vanuit my eie onvermoë om hierdie realiteit in my eie lewe te erken.
Om ook ‘n soort dualisme, van “hulle teenoor ons” mentaliteit te verwerp wat so maklik mense kan verdeel in goeie en slegte mense en ons toelaat om groepe en mense te isoleer.
Om vrees te hanteer en te konfronteer nie net met waagmoed nie, maar ook met liefde.
Om te ontdek dat ons is almal deel van iets groter as onsself en ook ‘n gedeelde menswees wat ons elke dag kan vier.
Om geduld en vergifnis in ons lewe te kweek en sodoende stadiger te lewe.
Om onsself toe te laat om stadig maar seker in te groei in meer liefde, meer deernis en ‘n groter kapasiteit om te vergewe.