Tema: Die seën van vrede
Matteus 5:9. Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
Toe Jesus ‘n skare gelowiges in Matteus 5 teen die berg agter Kapernaum opgevat het, was hulle gespanne oor politieke magte waaraan hulle uitgelewer was. Terwyl Jesus met hulle praat kyk hulle oor die see van Galilea en kon sowat 10 km verder koning Herodes Antipas se paleis in Tiberias sien. Die Herodes familie, wat al vir jare namens die Romeine in Israel regeer het, was korrup en gevrees. Die gelowiges wie Jesus toespreek was hieraan uitgelewer en dit het hulle by ‘n plek uitgebring waar frustrasie en konflik gegroei het. Om te oorleef moes hulle baklei vir hulle behoud. In die midde hiervan stuur Jesus hulle terug met die woorde dat hulle seën nie lê in die voorspoed van hulle politieke uitkomste nie, maar in die maak van vrede. Die gedagte dat ons seën nie lê in die oorwinnings wat ons in die lewe soek nie, maar in vrede is aanvanklik vir ons skrikwekkend. Ons natuurlike reaksie is om vir ons behoud te veg. Tog bring dit ons net weer by ‘n plek uit waar ander mense te nagekom word en weer terug baklei. Hoe breek hierdie woorde van Jesus deur tot ons huidige situasies van konflik, frustrasie en spanning. Dink net hoeveel tyd en energie ons daaraan spandeer om te baklei en dit terug wat ons voel ons verloor het, terug te wen. Hoe sou ons vandag anders kon reageer om vrede totstand te bring?
Gebed
Hemelse Vader,
U noem die vredemakers U kinders,
want hulle weerspieël U hart.
Leer my om nie konflik aan te wakker nie,
maar om stilte en genesing te bring.
Laat my woorde sag en regverdig wees,
my hande bereid om te dien,
en my hart vol van U vrede.
Soos Christus vrede gebring het deur die kruis,
help my om daardie vrede te leef
in my huis, my gemeenskap, en met die skepping rondom my.
Here, maak my ’n draer van U shalom,
sodat U lig en liefde kan deurbreek.
In Jesus se Naam,
Amen.