Filippense 1:9-11
Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, 10sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, 11en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.
Reinhold Niebuhr het ‘n gebed oor hierdie teksgedeelte geskryf wat ek graag vir julle wil lees:
Here, ons God in wie daar geen duisternis is nie,
Ons dank U dat, al is ons weg dikwels donker,
U ons altyd genoeg lig gee om ons weg te vind.
Soos die son elke oggend
Die skadu’s van die nag verdryf,
So verjaag u eindelose genade altyd weer die donker van ons sonde-
Sodat ons sin in die lewe kan raaksien.
U weet hoe maklik ons drange en impulse
Vir ons ‘n strik word.
Here, gee ons die selfbeheer om nie onnadenkend daaraan toe te gee nie,
Maar eerder te wandel op die weg
Wat U wysheid vir ons aanwys.
Skenk ons helderheid van insig,
Wanneer die goeie en die bose feitlik onherkenbaar ineengestrengel is,
En wanneer ons sukkel om te onderskei
Tussen ons eie begeertes en voorkeure,
En wat werklik u wil is.
Here help ons om vandag , en elke dag in u lig te lewe.
Amen