Dagstuk | Donderdag 26 Desember 2024

Dagstuk | Woensdag 25 Desember 2024
Dagstuk | Vrydag 27 Desember 2024

Vandag is Donderdag 26 Desember en ons het gister die Kersdag van Jesus gevier. God Homself wat oor grense beweeg, het mens geword en het tussen ons kom woon.

Om hierdie diep betekenis verder te verken, staan ons vandag stil by Immaneul: “God met ons”.

 

Teks: Matteus 1:23

“Die maagd sal swanger word en ‘n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem. Die naam beteken God is by ons.”

Die naam “Immanuel” is ‘n herinnering dat God nie ver is nie, maar by ons is. Hy verstaan ons vreugdes en pyn, en Hy loop elke stap saam met ons. Mag dit vir ons ‘n sterk herrinering wees soos ons afskeid neem van die ou jaar en oorbeweeg na ‘n nuwe een, vol verwagtinge en beloftes van ‘n God wat saam met ons loop.

Aanhaling: “Ek het nooit ‘n ander reisgenoot as God nodig gehad nie.” – Blaise Pascal

Inspirasie:

Kyk vandag oppad na die nuwe jaar na jou lewe deur die lens van Immanuel – God is met jou in elke situasie. Hy is daar in jou vreugdes, jou hartseer en selfs in jou stilgebede.

Gebed: Dankie, Here, dat U nie ‘n afwesige God is nie, maar ‘n God wat naby is. Help ons om U teenwoordigheid in ons lewens te erken en daarop te vertrou, in goeie en moeilike tye. Amen.