Goeiedag, vandag is Donderdag 26 September en dié maand fokus ons as gemeente op die skepping en maniere hoe ons na die skepping kan omsien.
Elkeen van ons het ’n rol om te speel om om te sien na God se Skepping.
Kom ons lees Romeine 8:18-25 saam: 18Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. 19Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is. 20Die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan onderwerp het. Daarby het Hy die belofte van hoop gegee: 21die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê. 22Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting. 23En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry. 24Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat ‘n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? 25Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.
Waarom dink jy sug die skepping?
Op watter hoop wag die Skepping op?
Het jy enige iets waarop jy hoop?
Vandag wil ek hê dat ons vyf minute neem en met God praat en reflekteer waarom ons dink oor die volgende vrae en hoe jy dink jy met die hoop van Christus kan lewe.
Kom ons bid saam:
Liewe Here, dankie vir alles wat U vir ons doen. Dankie dat u ons seën met die blommetjies in die veld en met voëltjies in die lug. Here, help my om raak te sien wanneer ek iets doen wat die skepping laat sug. Here, help my ook om met u hoop te lewe en te lewe asof die nuwe skepping alreeds hier is, waar niemand en niks meer sug nie.
Amen