Dagstuk | Donderdag 8 Februarie 2024

Dagstuk | Vrydag 9 Februarie 2024
Dagstuk | Woensdag 7 Februarie 2024

Almal van ons weet hoe maklik dit is om oorweldig te word deur al die doendinge van die dag. Afsprake, e-posse, mense en ’n ritme wat mens so maklik verswelg. Miskien wil jy iewers deur die dag net ’n paar oomblikke neem en vir ’n rukkie in stilte sit. Asem in en uit en herinner jouself dat God se Gees in jou is, en rondom jou is. Neem ’n paar oomblikke waar jy die gedagtes in jou kop eenkant toe skuif en stilte omarm. Selfs al is dit net vir ’n paar minute. Haal  diep asem en ontvang die troos dat God se Gees in jou is. Jy hoef nie alleen te voel nie, jy hoef nie oorweldig te voel nie want God se Gees is in jou. Herinner jouself God se Gees is ook rondom jou. Wat ookal vandag gebeur, God se Gees is rondom jou om jou te dra en jou te lei.

Ek lees graag n gebed van Piet Naude:

Here God

Ek staan voor U vandag, in stilte..

Maak my woorde minder, my gedagtes stiller en my gees oper.

Ek wil U hoor-

Nie my eie stem of die van ander nie.

Ek luister, Here.

Praat maar.

In stilte . . .

Amen