Dagstuk | Maandag 15 Januarie 2024

Dagstuk | Dinsdag 16 Januarie 2024
Dagstuk | Saterdag 13 Januarie 2024

Teks:Josua 1:9  Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.

GEDAGTE

2024 het aangebreek!!! Hoe voel jy oor die jaar? Het jy moed vir die jaar? In die volgende paar dae wil ek saam met jou wandel rondom die tema: “Om met moed te lewe.” Joshua ontvang ook hierdie opdrag van God. Die opdrag wat sê om met moed voort te gaan.

Die oproep aan Joshua om sterk en vol moed te wees, kom vier keer na hom in verse 6,7,9,18. Ook lees ons in  Deuternomium 31 waar Joshua geroep word om Moses op te volg om die volk in die beloofde land Kanaan in te lei. Daarna ontvang hy ook die oproep en bemoediging om met moed te leef. Joshua was die dapper krygsman van Israel, ’n Godvresende man.  Hy het die bemoediging nodig om sterk te wees en vol moed vir die taak wat op hom wag. Want, die taak was baie groot en uitdagend. Hy moet nou vir Moses hierdie groot kneg van die Here, opvolg.  Dit is baie groot skoene wat Joshua moes volstaan, gewis ’n geweldige groot taak en verantwoordelikheid, en daarom die bemoedigende woorde, vir Joshua.

Dalk het jy ook nodig om hierdie woorde vandag te hoor: Wees sterk en vol moed in die jaar 2024. Wees sterk en vol moed midde die goeie stryd wat voorlê in 2024. Wees sterk en vol moed omdat die Here onse God, die God van Abraham, Isak en Jakob, die Vader van ons Here Jesus Christus, met ons sal wees en ons nie sal begewe nie. Hy was met ons in 2023 en sal Hy ook met ons wees in die jaar 2024.

GEBED

Here, stap asseblief saam met my in 2024.

Amen.