Teks Matteus 18:21 Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?”22Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.
Matteus skryf oor hierdie oomblik tussen Petrus en Jesus as Petrus vir Jesus dan vra: “hoeveel keer moet ek my broer en ons kan byvoeg suster vergewe as hy of sy iets verkeerds teen my doen”? Ek vermoed dis op hierdie punt waar ons almal ‘n bietjie nader skuif om te hoor wat Jesus gaan antwoord. Wat is die antwoord op sy vraag? Hoeveel keer is dan nou genoeg? Waar kan ons die streep trek? Alhoewel die teks dalk ver verwyderd staan van ons eie lewe vermoed ek baie van ons was al in situasies waar ons ook moes besluit of ons gaan vergewe, of nie. Of waar ons vergifnis moes vra, of nie. Ons sal vir mekaar stories kan vertel waar ons ook al hierdie vraag vir onsself moes antwoord. Maar as ons baie eerlik met mekaar sal wees sal ons erken dat vergifnis nie so maklik is nie. Inteendeel, dit voel soms onbereikbaar.
So wat sal ‘n mens oor vergifnis kan kwyt raak? Ek wil jou uitnooi om die volgende paar dae saam te dink oor hierdie vraag. ‘n Goeie beginpunt sal miskien wees om baie sensitief te wanneer ons oor vergifnis nadink en onsself en ander met genoeg deernis behandel. Want ons is almal in verskillende plekke of stadiums van ons lewens en ons weet dat verhoudings geweldig kompleks kan wees wat ‘n sekere verantwoordelikheid vra wanneer ons ‘n opinie wil gee oor vergifnis. Ek dink ook dat as ons in die kerk wil praat oor vergifnis moet ons sensitief wees vir die feit dat die kerk die einste plek is waar baie mense al seergekry het. So ek sal jou graag wil uitnooi om vir die volgende paar dae saam te dink oor vergifnis en terwyl ons dit doen, vir jouself en die mense in jou lewe sag vas te hou.
Ek lees graag vir ons ‘n gebed van die Ierse digter en teoloog Padraig o’Tuama
Jesus,
Your life set before us
the patterns of the Kingdom –
ways of being and doing
which bring freedom
and flourishing.
May we find the clarity and courage
to see and own
those habits of thought, word, and action
which bind us to unhelpful pathways
and keep us trapped
in barren places;
then, help us see and learn
how we might instead
make and inhabit
the patterns
which bring life.
Amen