Dagstuk | Maandag 6 Mei 2024

Dagstuk | Dinsdag 7 Mei 2024
Dagstuk | Saterdag 4 Mei 2024

Jesus het ’n hele paar Ek is . . .uitsprake gemaak. Ons gaan die week by hulle stilstaan

Teks: Johannes 15:5

” 5“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

 GEDAGTE

Jesus was die meester van figuurlike taal. Hy het stories gebruik om sy lesse te illustreer en verstaanbaar vir alle mense te maak. Hy het gelykenisse vertel, hy het figuurlike prentjies geskilder, hy het na gewone dinge verwys om buitengewone en ewige waarhede bekend te maak. In hierdie gesprek gebruik Jesus die mooi beeld van die wingerdstok. Jesus sê: “Ek is die ware wingerdstok”

Die dissipels sou hierdie beeld van Jesus kon verstaan; die beeld van die wingerdstok en die takke wat vrugdra, wat gesnoei word en dooie takke wat verbrand word, het hulle geken. Hulle sou hulle daarmee kon vereenselwig omdat Palestina die land van wingerde was. Maar meer nog, die wingerdstok was die simbool van die volk Israel. In die Ou Testament, in die Psalms en in die profete word daar gereeld na Israel verwys as die wingerdstok.

Hierdie boodskap van Jesus het vir ons ook betekenis. Ons as kerk is die wingerdloot.  Wat beteken dit vir ons as kerk/as volk van God om vandag te hoor ons is die lote wat uit die winkerdstok groei en wat moet vrug dra? Dit bring ons by ‘ʼn paar belangrike aspekte om vir mekaar te sê:

  1. DIE WINGERDLOOT BLY VAS AAN DIE WINGERDSTOK

Vir ’n wingerdloot om te kan vrug dra moet dit aan die wingerdstok geheg wees. ‘n Hegte verhouding met Jesus is lewensnoodsaaklik vir die kerk. Ons as kerk kan nie op ons eie los van die Here Jesus bestaan nie. Hy gee lewe en stel gelowiges in staat om vrug te dra.

  1. WINGERDLOOT MOET DRA VRUG

Die doel van ‘n wingerdloot is om vrug te dra. Ons doel is om God te verheerlik met die vrugte wat ons dra. Met ons dade en woorde. Met die liefde wat ons uitstraal.

  1. WINGERDLOOT WORD REG GESNOEI

Jesus sê dat sy Vader al die lote afsny wat nie vrugte dra nie, maar die lote wat wel vrugte dra word reg gesnoei sodat hulle nog meer vrugte kan dra. Ons word ook uitgenooi om vir God te vertrou wanneer Hy aan ons snoei. Dit beteken dat ons God moet vertrou as God ons vorm en verander al kan ons nog nie sien of verstaan hoekom of wat die eindproduk gaan wees nie. Dit is nie lekker om gevorm en gesnoei te word nie. Dit is meestal pynlik en ongemaklik. Dit kan dinge ontwrig en ‘n mens in ‘n heeltemal ander rigting laat gaan as wat jy self gedink of verwag het.

Maar as dissipels van Jesus word ons voortdurend gevorm en verander sodat ons meer vrug kan dra.

GEBED

Here ek as U wingerdstok wil vrug dra. Snoei my sodat ek al meer vrug kan dra. Amen