Ek wil graag vir ons ‘n vertaalde seëngebed van Teresa of Avila lees. Ek gaan die gebed stadig deurlees en dalk wil jy na elke pouse, dit ook in jou gedagtes herhaal. Mag vandag vir jou ‘n mooi en ‘n goeie en ‘n gesonde dag wees.
Mag daar vandag vrede in jou wees.
Mag jy God vertrou dat jy is presies waar jy bedoel is om te wees.
Mag jy nie die oneindige moontlikhede vergeet wat gebore word uit geloof nie.
Mag jy die gawes wat jy ontvang, gebruik, en die liefde wat aan jou gegee word, uitgiet.
Mag jy vrede vind in die wete dat jy ‘n kind van God is.
Laat hierdie teenwoordigheid ‘n tuiste vind in jou beendere, en gee jou siel die vryheid om te sing, te dans, te loof en lief te hê.
Dit is daar vir elkeen van ons