Ons vier saam ons feesmarkfees die week en staan stil by verskillende feeste van die Bybel. Ons sluit die week af deur stil te staan by die bruilofsfees van die Lam.
SKRIFLESING
Openbaring 19:1-10
7Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.
BOODSKAP
Terwyl Jesus ons plek in die hemel voorberei moet ons as kerk, ons gereed maak om Hom weer te ontmoet. Hoe kry die kerk haarself gereed vir die Christus se wederkoms? In Openbaring 19:8 leer ons iets oor die voorbereiding: “God het haar dit vergun om fyn, helder blink klere aan te trek. Hierdie fyn klere is die regverdige dade van die gelowiges.” Wat behels hierdie regverdige dade waarvan Johannes hier praat? Dis nie regverdige dade in eie krag nie. Dis eerder die genade wat God aan Sy kerk gee om voort te gaan met Sy opdrag totdat Hy weer op die wolke kom en ons deel gaan wees van hierdie wonderlike oorwinningsfees.
In hierdie sondige wêreld moet die kerk ten spyte van verleiding en swaarkry, getrou bly aan Christus. En die kerk doen dit omdat ons weet dat ons eendag voor Christus gaan staan – en dan daar moet wees met ‘n getuienis van volkome getrouheid aan die Here.
Ons, die kerk as gelowiges, die gemeente van Christus – ons moet ons gereed hou vir Jesus se koms deur besig te wees met die goeie en regverdige dade. Ons moet dus nederig en afhanklik van God bly om ten spyte van baie versoekings in die wêreld, reg te leef en sout en lig te wees. Ek wat deel is van God se kerk wat uitsien na die hemelse bruilof moet myself dus gereeld afvrae: Is ek steeds toegewy aan Christus? Is Christus “alles” vir my? En waarmee is ek besig? Is ek besig om myself gereed te maak vir die groot fees waarheen ek genooi is?
GEBED
Ek sluit af met ‘n mooi gedig wat ek eenkeer gelees het.