Dagstuk | Saterdag 27 Desember 2025

Dagstuk | Vrydag 26 Desember 2025
Dagstuk | Maandag 29 Desember 2025

https://youtu.be/Ajf0hBToO7U

1 Korintiërs 13:8;13

8Liefde faal nooit nie.
Maar profesieë,
dit sal tot ‘n einde kom;
of tale, dit sal ophou;
of kennis, dit sal tot niet gaan.
13En nou bly geloof, hoop en liefde,
hierdie drie –
maar die grootste hiervan is die liefde.

Liefde is wat alles wat ons doen betekenis gee. Ons hou onsself besig met ’n klomp dinge wat tydelik is, wat sal vergaan. Paulus het dit reeds duidelik gemaak dat die enige iets wat ons doen, sonder liefde, sinneloos is. Wat die lewe die moeite werd maak, is liefde. Liefde gee betekenis aan die tydelike dinge waarmee ons onsself besig hou.

Ons sluit hierdie week af met ’n aanhaling van Moeder Theresa oor liefde:

“I am not sure exactly what heaven will be like, but I know that when we die and it comes time for God to judge us, he will not ask, ‘How many good things have you done in your life?’ rather he will ask, ‘How much love did you put into what you did?”

Hoe sal wat jy doen anders lyk as jy nie vra wat jy alles vandag reggekry het nie, maar eerder vra met hoeveel liefde het jy dit wat jy gedoen het, gedoen.

Mag ons vandag herinner word daaraan dat wat in die lewe die heel belangrikste is, is liefde.

Gebed

Here, herinner ons vandag om alles wat ons doen met groot liefde sal doen. Wanneer die wêreld ons aandag aftrek en wil oortuig van wat belangrik is, herinner ons dat ons in die eerste plek geroep word om in liefde te leef: liefde met U, in liefde met mekaar en in liefde met die skepping

Amen.