Dagstuk | Saterdag 3 Januarie 2026

Dagstuk | Vrydag 2 Januarie 2026
Dagstuk | Maandag 5 Januarie 2025

Ek wil jou graag uitnooi om vir ’n paar oomblikke vandag jou oë toe te maak en terug te reflekteer oor jou week wat was, en al die mense wat jou pad gekruis het. Hou hulle in jou gedagtes vas en raak bewus van die konneksies wat daar was—tussen jou en bekendes, sowel as vreemdelinge.

Vra jouself af: waar het jy die ervaring gehad dat mense jou dalk welkom laat voel het? Wat was die oomblikke waar jy gasvry was teenoor nuwe vriende? Waar het jy die ervaring gehad dat mense jou laat voel het: hier kan ek jouself wees?

Mag jy hierdie week diep bewus word van hierdie oomblikke van konneksie met mense. Mag jy dit ontvang as geleenthede om iets van iemand te leer, en ook as geleentheid om iets vir iemand te beteken. Mag ons dankbaar wees vir elke konneksie en so die heligheid van alle mense raaksien.

Ek lees graag ’n gebed van die Corrymeela-gemeenskap:

God in a stranger’s hello,
God in a raised hand of greeting:
those simple gestures,
be it a glance toward a passer-by who looks back with a nod
or the friendly question about what breed of dog you’ve got there,
give us moments of connection
and remind us of days to come when instead of passing by or getting only as far as small talk,
we will be able to draw close and learn more from each other.
Until then, we give thanks for that stranger’s hello
and the greeting we offer in kind.
Amen.