Dagstuk | Saterdag 6 April 2024

Dagstuk | Maandag 8 April 2024
Dagstuk | Vrydag 5 April 2024

Vandag se tema: Klein dade wat ‘n groot verskil maak.

Matteus 25:40-41. Dit verseker Ek vir julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.

Wanneer maak ons ‘n werklike verskil? Die een na die ander besig dag verloop in ons lewens. Oorweeg die volgende ervaring: Hoe sou dit jou lewe raak om in die laaste halfuur van jou dag jou werk te evalueer? Wat is die dinge wat vandag by jou en mense die grootste impak gemaak het? Wat was die spesiale oomblikke van die dag? Hoe is die betekenis van daardie oomblik nog besig om met jou te praat? Ons beoordeel gewoonlik die sukses van ‘n werksdag aan die groot en uitsonderlike dinge wat ons gedoen gekry het en waaraan ons ons sukses meet. Dit gebeur ook nie aldag nie en kom net nou en dan oor ons pad. Vir die meeste van die tyd moet ons onbenullighede of roetine werk hanteer waarvan ons nie veel dink nie. Vandag se teksgedeelte bring skielik by ons ‘n ander perspektief. Dit is in die daaglikse dade van opregtheid wat ons die grootste verskil kan maak en wat op die einde vir ons uitstaan. Om met ‘n verskil te leef is nie moeilik of uitsonderlik nie. Die Here bring ons daagliks voor die geleentheid wanneer ons juis met geringe mense te doen kry.

Gebed

Here, help my vandag om die waarheid oor myself in die oë te kyk: om myself vir ‘n wyle te sien soos U, en ander, my sien. Help my om my woorde en stemtoon te hoor soos dit vir ander klink. Maak my eerlik genoeg om my arrogansie raak te sien en my liggeraaktheid en selfsug te erken. Ek bid dit alles omdat ek glo dat ek hierdeur met ‘n groot verskil kan leef.