Dagstuk | Saterdag 7 Februarie 2026

Dagstuk | Vrydag 6 Februarie 2026
Dagstuk | Maandag 9 Februarie 2026

https://youtu.be/F1hJ7dJzeTM

Almal van ons weet hoe maklik dit is om oorweldig te word deur al die doendinge van die dag – afsprake, e-posse, mense en ’n ritme wat jou so maklik verswelg. Miskien wil jy iewers deur die dag net ’n paar oomblikke neem om stil te sit. Asem in. Asem uit. Herinner jouself dat God se Gees in jou is, en rondom jou.

Neem ’n paar oomblikke om jou gedagtes eenkant te skuif en stilte te omarm – selfs al is dit net vir ’n paar minute. Haal diep asem en ontvang die troos dat jy nie alleen hoef te voel nie, dat jy nie oorweldig hoef te wees nie. God se Gees is in jou, en God se Gees is rondom jou. Wat ookal vandag gebeur, God se Gees is by jou om jou te dra en jou te lei.

Hier is ’n gebed van Piet Naudé om jou in hierdie stilte te lei:

Gebed
Here God,
Ek staan voor U vandag, in stilte.
Maak my woorde minder, my gedagtes stiller en my gees oop.
Ek wil U hoor – nie my eie stem of die van ander nie.
Ek luister, Here.
Praat maar.
In stilte…
Amen.