Dagstuk | Vrydag 15 Augustus 2025

Dagstuk | Donderdag 14 Augustus 2025
Dagstuk | Saterdag 23 Augustus 2025

Teksgedeelte 1 Kor 3:3 en 18

Dit is tog duidelik dat julle ‘n brief van Christus is, deur ons diens geskrywe, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op klip nie, maar op die harte van mense. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

In refleksie op hierdie teksgedeelte lees ek graag ‘n gebed van Braam Hanekom

Here, wil U dit nie stil en skoon maak hier binne- in my nie?

Daar is soveel geraas.

Soveel stemme.

Soveel beelde.

Soveel idees wat my kop vul.

En dan is daar nog my eie ego ook.

Here, my lewe is soos ‘n swartbord, vol geskryf, bekrap, doodgekrap, besmeer.

En nou wag ek dat U iets nuuts, ‘n helder prent van U, daarop moet kom teken.

Vee my skoon, Here.

En skryf en teken dan soos U wil,

Wat U wil

Amen