Ek wil graag vir ons ‘n gebed van Joyce Rupp voorlees. Mag hierdie woorde jou help om te sien hoe God se lig oral in ons lewens inskyn en die heiligheid van dié dae te vier:
Bron van Lig, Immanual, God-met-ons,
U Herder liefde het ons wagtende wereld kom verlig
met die verrassing van U Betlehemgeboorte.
Van toe af vier ons elke jaar hierdie
verbysterende gebeurtenis,
verbly ons in U nuwe koms, nie net as ‘n pasgebore baba nie,
maar as die verborge Teeenwoordigheid van goddelikheid
Binne- in elkeen van ons.
Tot ons groot verwondering, het ons U
Woonplek geword.
Ons is nou U Betlehem.
Nou is jy Skat gebore in die geheime plek van ons siel.
Nou is jy Blydskap wat deurbreek in die donker grotte van ons seer.
Nou is jy Vrede wta stil-stil gloei in die krake van ons angs.
Nou is jy Liefde wat weerspieel word in ons meegevoel.
Christus, Lig van alle ligte, Ster van alle sterre,
Bewoner binne-in hierdie menshuise van ons,
maak ons wegloopkoppe, ons drosterdoppe en ons huiwerharte oop
dat U eindelose goedheid meer volmaak in ons kan woon.
Ons verwelkom jou weer en weer, met dank en vertroue,
Nie net in die Kersseisoen van onthou en feesviering nie
Maar deur die nuwe jaar wat ons inwag