Dagstuk | Vrydag 22 November 2024

Dagstuk | Donderdag 21 November 2024
Dagstuk | Saterdag 23 November 2024

Vandag is Vrydag 22 November en ons reflekteer die week oor Soli Deo Glorie: Aan God alleen die Eer!

So hoe Soli Deo Gloria ons in ons verhoudings?

Bybelvers: “Laat alles by julle in liefde geskied.” — 1 Korintiërs 16:14

Soli Deo Gloria moet sigbaar wees in hoe ons met ander mense omgaan. Verhoudings is dikwels die plek waar ons die meeste probeer om onsself te bevorder, of waar ons die meeste erkenning soek. Maar die beginsel van Soli Deo Gloria herinner ons dat ons verhoudings nie oor ons eie eer moet gaan nie, maar oor die verheerliking van God.

In 1 Korintiërs 16:14 herinner ons dat alles wat ons doen, in liefde moet wees. Wanneer ons ons verhoudings met ander op ‘n manier lei wat God eer, sal ons nie net ander se lewens raak nie, maar ook ‘n getuienis wees van God se liefde vir ons.

Of dit in ons huwelike is, met ons kinders, vriende of selfs vreemdelinge, ons moet alles doen om God te verheerlik. Ons moet ander liefhê soos Hy ons liefhet – onvoorwaardelik en opofferend.

Gebed: Here, help my om my verhoudings in liefde te leef. Mag ek ander altyd met die oog op U eer dien en nie my eie belang nie. Laat alles wat ek doen, in liefde wees. Soli Deo Gloria. Amen.