Dagstuk | Vrydag 3 Oktober 2025

Dagstuk | Donderdag 2 Oktober 2025
Dagstuk | Saterdag 4 Oktober 2025

Tema. Die skepping en genade

Teks. Johannes 1:3. Alles het deur Hom tot stand gekom, ja nie ‘n enkele ding wat bestaan het sonder hom tot stand gekom nie. Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.

 Hoe kom raak en verander God se grootheid ons? Die Bybel praat van God in terme dat Hy altyd by ons teenwoordig is en op verskillende maniere in die skepping met ons besig is. In die midde hiervan kan dit vir ons voel of God ver is en dat ons gedurig na Hom op soek is. In hierdie soeke breek God voortdurend op ‘n kragtige en verrassende manier tot ons deur in die eenvoud van genade. Neem tyd en oordink die gedagte van hierdie teks: Uit sy oorvloed het ons genade op genade ontvang. Hierdie sin verwoord God se volgehoue uitreik na ons te midde van ons eie gebrek aan insig en die weerbarstigheid van ons sonde, skuld en emosies. Die wonderbaarlikheid van God dring elke dag op hierdie eenvoudige manier na ons toe deur. Dit deurbreek ons uitdagings, krisisse om ons by ‘n plek te bring waar ons God se versekering ontvang dat daar nou vrede is tussen ons en God. Hierdie vrede van God se genade spoel oor in ‘n vrede en genade tussen my en mense wat lewe, vryspraak en groei bring. Neem vandag tyd en laat jou gedagtes toe om hierdie oorvloedige genade te vind wat op ‘n dieper vlak na jou toe deurbreek.

Gebed

Here Jesus,
Uit U volheid ontvang ek elke dag nuwe genade.
U oorvloed raak nooit op nie,
en U liefde hou nooit op vloei nie.

Dankie dat U my nie gee wat ek verdien nie,
maar oor my uitstort wat ek nie kan verdien nie.
Maak my hart oop om U genade te ontvang,
en leer my om dieselfde genade aan ander te gee.

Laat my lewe ’n getuienis wees
van U oorvloedige goedheid en trou.

In U Naam bid ek,
Amen.