Vandag is Vrydag 31 Januarie en die week kyk ons na ‘n paar verskillende tuin ontmoetings in die Bybel waar God tot ons nader. Vandag kyk ons na: Die Paradys in die boek Openbaring.
Die visie van ‘n herstelde paradys in Openbaring simboliseer die uiteindelike oorwinning oor alle grense.
Hierdie tuin van die toekoms simboliseer ‘n plek waar God alle grense oorsteek om vir ewig by ons te wees. Die beskrywing van die Paradys in die boek Openbaring bring ‘n toekomsvisie van ‘n herstelde verhouding tussen God en die mens in ‘n tuinagtige omgewing. Hierdie tuin simboliseer die uiteindelike oorwinning oor alle grense, selfs die van tyd en ruimte. Die Nuwe Jerusalem word voorgestel as ‘n plek waar God self sal woon onder die mense, waar daar geen meer smart of dood sal wees nie. Dit is ‘n plek waar God na ons toe kom deur alle eskatologiese grense oor te steek, ‘n plek waar die skeiding tussen die hemelse en die aardse verdwyn. Hierdie visioen van die Paradys is ‘n finale uitdrukking van God se naderkoms aan ons, ‘n uitnodiging om te leef in ‘n wêreld sonder grense, waar almal kan deel in die goddelike liefde en lewe.
Gebed: Here, die visioen van ‘n nuwe Paradys herinner ons aan U belofte om alle grense oor te steek om by ons te wees. Laat ons in hierdie wêreld alreeds ‘n voorsmakie van die hemel op aarde beleef deur U nabyheid. Mag dit Eden-oomblikke wees. Berei ons voor vir ‘n ewigheid saam met U. Amen.