Dagstuk | Vrydag 5 Januarie 2024

Dagstuk | Saterdag 6 Januarie 2024
Dagstuk | Donderdag 4 Januarie 2024

Teksgedeelte: Hebreers 12:15 “Sorg dat daar nie verbittering soos ’n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie . . .”

Die skrywer herinnner ons hoe destruktief opgekropte, of onverwerkte emosies kan wees. Daardie onbewuste gevoelens of komplekse wat soms so knaend aan ons psige kan bly vreet. Van hierdie emosies is bitterheid waarskynlik die mees vernietigendste. Dit laat jou nie net negatief, sinies en selfs vyandig na die lewe en ander mense kyk nie – op die lang duur skep dit ongesonde spanning in jou lyf.

Iets wat in erge siekte of selfs neerslagtigheid kan omsit. As gelowiges moet ons waaksaam bly teen die negatiewe effekte van sulke opgekropte en negatiewe emosies. Dit tas nie net die gesondheid aan nie. Dit kan ook ons verhoudings beskadig.

Ek dink dis om hierdie rede wat die skrywer ons oproep om te sorg dat daar nie ‘n wortel van verbittering in ons lewens ontstaan nie. Om dit te help bestry, so het die ou geloofsvaders en moeders geglo, het ons ‘n geestelike vertroueling nodig.  Iemand wat ons kan help om deur ‘n oop en eerlike gesprek ons gevoelens te verwoord en so die oorsaak van ons bitterheid beter te verstaan en eerliker daarmee om te gaan.

En dit dan ook in God se hande te plaas met die vertroue dat dit tot iets anders, iets mooiers, en meer hoopvol mag groei. Byna soos by ‘n bekende digter wat op ‘n keer geskryf het: “Someone I loved once gave me a box full of darkness. It took me years to understand that this, too, was a gift.

 

Amen