Dagstuk | Vrydag 9 Mei 2025

Dagstuk | Donderdag 8 Mei 2025
Dagstuk | Saterdag 10 Mei 2025

Jesus se verskyning aan Petrus, net soos al Jesus se opstanding verskynings, vertel vir ons presies wat God se prioriteite is. In die dae na sy opstanding hou Jesus hom nie besig met wraak en vergelding nie. Hy wreek homself nie op Pilatus of straf die soldate wat hom gekruisig het nie. Jesus spandeer sy tyd om sy vriende te voed, te versterk en te herstel.

Hy noem Maria op die naam terwyl sy huil. Hy offer dat Thomas aan sy wonde vat. Hy braai vis en brood vir sy honger dissipels en herstel die verhouding tussen hom en Petrus.

Jesus fokus op verhoudings, p rekonsiliasie en op liefde. Voor sy Hemelvaart spandeer Hy die meeste van sy tyd daaraan om sy vriende se vrees, verlamming en hartseer weg te neem. Jesus is glad nie besig met ‘n triomfanklike oorwinning nie, maar kies nederigheid. Hy kies om ‘n eerlike en weerlose vraag vir Petrus te vra, selfs as die antwoord Hom dalk kan seermaak. Hy kies om Sy skape te versorg en lief te hê. Petrus se skaamte ontmoet Jesus se genade, en Jesus se genade wen. Dit, in ‘n neutedop is die Evangelie.