Dagstuk | Woensdag 17 Januarie 2024

Dagstuk | Donderdag 18 Januarie 2024
Dagstuk | Dinsdag 16 Januarie 2024

Teks:Psalm 27:1

Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?

GEDAGTE

Jy kan in 2024 met moed lewe omrede jy nie hoef bang te wees nie. Daar is so baie dinge in die lewe wat ons moed en vrede steel. Waarvoor is jy bang? Dalk is jy bang vir 2024.  Ons almal is bang vir iets, of soms vir ’n paar goed. Om in ’n land soos Suid Afrika te leef, skep outomaties ’n paar aspekte om voor bang te wees. Maar hoor vandag hierdie mooi woorde van 2 Tim 1:7 uit die Passion Translation: For God will never give you the spirit of fear, but the Holy Spirit who gives you mighty power, love, and self-control. So in die plek van vrees gee God ons krag en liefde.

Ons leef dikwels onder konstante vrees oor dinge waaroor jy absoluut geen beheer het nie. Om vreesloos te lewe beteken ek neem verantwoordelikheid vir die dinge waaroor ek beheer het. Vir die res vertrou ek op die Here. Ek hoef nie in konstante vrees te leef vir die al die asse en sê-nou-maars nie. Dit gebeur gereeld dat as ek so vrees dan hardloop geloof by die agterdeur uit. Hoor hoe mooi stel Psalm 56:12 dit: What harm could man do to me? With God on my side I will not be afraid of what comes. My heart overflows with praise to God and for his promises. I will always trust in him.

Identifiseer jou vrees. Nog beter maak jou banglysie en gee dit vir die Here. Oorhandig dit en ruil dit vir liefde, krag en vrede. Wanneer vrees in 2024 aan jou hart se deur kom klop hou vas aan die soom van Jesus, laat Hom die storm stil maak in jou hart. Gryp na die uitgestrekte hand van God.

GEBED

Asseblief, liewe Here, gee my U vrede en U krag vir 2024. U volmaakte liefde werp my vrees uit. Ek dank u vir die belofte om my die vrede te gee wat net U kan gee. Amen