Dagstuk | Woensdag 20 November 2024

Dagstuk | Dinsdag 19 November 2024
Dagstuk | Donderdag 21 November 2024

Vandag is Woensdag 20 November en ons reflekteer die week oor Soli Deo Glorie: Aan God alleen die Eer!

Vandag binne die tema gesêls oor die waarde van werk vir God.

Bybelvers: “Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.” — Kolossense 3:23

Werk is nie net ‘n manier om ‘n inkomste te verdien of ’n plig af te handel nie, maar dit kan ook ’n manier wees om God te verheerlik. Soli Deo Gloria herinner ons daaraan dat alle werk, groot of klein, vir die eer van God gedoen moet word. Of ons nou in ’n kantoor werk, as ’n huisvrou, as ’n kunstenaar – werk of in enige beroep, alles kan ’n daad van aanbidding wees wanneer ons dit vir God doen.

In Kolossense 3:23 leer ons dat ons werk nie net vir mense of vir onsself is nie, maar uiteindelik vir die Here. Dit is nie die taak wat tel nie, maar die houding waarmee ons dit doen. As ons ons werk doen met die doel om God te eer, sal ons dit doen met integriteit, opregtheid en ‘n hart van diens.

Wanneer ons elke taak as ‘n geleentheid om God te verheerlik doen, sal ons nie net die werk meer betekenisvol vind nie, maar ook onsself nader aan God bring.

Gebed: Here, help my om my werk as ‘n geleentheid te sien om U te verheerlik. Mag ek alles wat ek doen, met hart en siel doen, asof ek dit vir U doen. Soli Deo Gloria. Amen.